PSALMS 3 - Nuwe Lewende Vertaling

God is my redding

1’n Dawidspsalm toe hy voor sy seun Absalom gevlug het.

2O Here,

ek het so baie vyande;

so baie kom teen my in opstand.

3So baie sê:

“God sal hom nooit red nie!”

Sela

4Maar U, Here,

is ’n skild rondom my.

U herstel my eer,

U lig my kop weer op.

5Ek het tot die Here geroep.

Vanaf sy heilige berg

het Hy my geantwoord.

Sela

6Ek het gaan lê en slaap

en weer wakker geword,

want die Here

het oor my waggehou.

7Ek is nie bang

vir tienduisende mense

wat my van alle kante

bedreig nie.

Sela

8Staan op, Here!

Bevry my tog, my God!

U het al my vyande

op die kakebeen geslaan,

die tande van die goddeloses

het U gebreek!

9Verlossing kom van U, Here.

Mag u seëninge

op u volk rus.

Sela

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help