HOSEA 12 - Nuwe Lewende Vertaling

Aanklagte teen Israel en Juda

1Israel omring my met leuens en bedrog. En Juda is steeds wispelturig teenoor God en is getrou aan die afgode.

2Israel hou hom op met die wind. Hy is die hele dag agter die oostewind aan. Hy vermeerder leuens en geweld. Hulle sluit verdrae met Assirië, maar as teken van hulle verbintenis stuur hulle olie na Egipte toe.

3Die Here gaan nou ’n saak maak teen Juda. Hy staan op die punt om Israel te straf vir sy dade en hom te vergeld oor sy valse weë.

4Voor Jakob se geboorte het hy sy broer se hakskeen vasgehou; as volwassene het hy met God kragte gemeet.

5Hy het selfs met ’n Engel geworstel en gewen. Hy het gehuil en by Hom gepleit vir ’n seën. By Bet-El het hy God van aangesig tot aangesig ontmoet en daar het God met hom gepraat,

6die Here, die almagtige God. Die Here is sy Naam!

7Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God.

8Maar nee, die volk is soos ’n geslepe handelaar met valse weegskale – hy hou daarvan om te bedrieg.

9Israel spog: “Ek is ryk, en ek het dit alles self verwerf! Niemand kan sê dat ek dit op ’n oneerlike manier gekry het nie! Ek is onskuldig aan enige oortreding!”

10“Maar Ek is die Here jou God sedert jou slawerny in Egipte. Ek sal jou weer in tente laat woon soos destyds, soos tydens die woestyntyd.

11Ek het deur my profete gepraat, hulle baie visioene laat sien. Ek het deur die profete in gelykenisse gewaarsku.”

12Is Gilead vol boosheid? Hulle sal sekerlik tot niks kom nie. Offer hulle bulle in Gilgal? Hulle altare sal soos kliphope in rye langs die landerye wees.

13Jakob moes na Aram toe vlug, Israel moes slawediens doen om ’n vrou te kry. Om ’n vrou te kry, moes hy skape oppas.

14Die Here het deur ’n profeet Jakob se afstammelinge, die Israeliete, uit Egipte gelei. Die profeet het hulle gelei en beskerm.

15Maar die volk Israel het die Here baie uitgetart en verdien die dood.

Daarom sal die Here hulle straf oor hulle dade.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help