PSALMS 66 - Nuwe Lewende Vertaling

Ek wil vertel wat God gedoen het

1Vir die koorleier: ’n Lied. ’n Psalm.

Almal op aarde,

juig tot eer van God!

2Sing tot eer van sy Naam!

Gee Hom eer en lof.

3Sê vir God:

“Hoe ontsagwekkend is u werke!

U vyande kruip

voor u groot mag.

4Almal op die aarde

sal U aanbid;

hulle moet sing tot u eer

en lofsing tot eer van u Naam.”

Sela

5Kom en kyk

wat God gedoen het,

sy magtige dade

met die mensdom!

6Die see het Hy verander

in ’n droë pad,

droogvoets het hulle

deur die rivier gegaan.

Kom, laat ons jubel oor Hom,

7Hy wat vir altyd

deur sy groot mag regeer.

Sy oë is gerig op die nasies.

Laat geen opstandeling

homself verhef nie.

Sela

8Alle volke, prys ons God

en laat sy lof weerklink.

9Ons lewe, dié hou Hy in stand,

ons voete

laat Hy nie struikel nie.

10U het ons beproef, o God,

soos silwer ons gesuiwer.

11U het ons met ’n net gevang,

’n sware las op ons geplaas.

12U het mense oor ons laat ry,

ons deur vuur en vloed

laat gaan,

en tog gebring

waar daar oorvloed is.

13Met brandoffers

kom ek na u tempel;

geloftes aan U wil ek betaal,

14geloftes met eie lippe

en mond gesê

toe ek diep in moeilikheid was.

15As brandoffer bring ek

die vetste van my vee,

as wierook

die beste van my ramme.

Ook bulle en skape

sal ek offer.

Sela

16Kom en luister,

dienaars van God,

ek sal vertel wat Hy

vir my gedoen het.

17Ek het na Hom om hulp geroep,

Hom geprys terwyl ek praat.

18As ek kwaad in my hart

bedink het,

sou die Here

nie na my luister nie.

19Maar God het tog geluister;

Hy het my gebed verhoor.

20Loof God wat my gebed

nie verwerp het nie

en sy troue liefde

nie aan my onttrek het nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help