PSALMS 8 - Nuwe Lewende Vertaling

Hoe groot is U!

1Vir die koorleier: Met snaarinstrumente. ’n Dawidspsalm.

2 Here, ons Here,

hoe vol majesteit is u Naam

op die hele aarde!

U heerlikheid

is hoër as die hemele.

3Kinders en babas

besing u lof,

want U het dié wat sterk is,

bestraf,

vyand en wreker stilgemaak.

4Wanneer ek opkyk

na die naghemel

en ek sien die werke

van u vingers,

die maan en sterre

wat U in hulle plekke

geplaas het,

5wat is die mens

dat U aan hom dink,

die mensdom

dat U vir hulle omgee?

6U het hom

’n bietjie minder gemaak

as hemelse wesens,

en hom gekroon

met roem en eer.

7U het hom in beheer gestel

van alles wat u hande

gemaak het.

U het vir hom mag gegee

oor alle dinge:

8skape en beeste, alles,

en ook die wilde diere

van die veld,

9die voëls in die lug,

die visse in die see,

en alles wat swem

deur die seestrome.

10 Here, ons God,

hoe vol majesteit is u Naam

oor die hele aarde!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help