HOOGLIED 2 - Nuwe Lewende Vertaling

1“Ek is ’n roos

uit Saron,

’n lelie van die veld!”

Jong man:

2“Soos ’n lelie

tussen doringbosse,

so is my beminde

tussen die ander meisies.”

Jong vrou:

3“My liefling is vir my

soos ’n appelboom

in die boord

tussen die ander jong mans.

Om onder sy skaduwee te sit,

is vir my pure genot

en sy vrugte

is soet in my mond.

4Hy vat my saam

na ’n banketsaal toe.

Sy liefde vir my is duidelik vir almal.

5Laaf my met rosyntjies,

gee appels om my te verfris,

want ek het flou geword

van die liefde.

6Sy linkerarm

is onder my kop.

Met sy regterarm

omhels hy my.

7“Sweer vir my,

vroue van Jerusalem,

by die ribbokke

en die wilde takbokke

dat julle nie die liefde

sal aanblaas

voordat die tyd daarvoor

ryp is nie.

8“Luister, daar kom my liefling!

Hy huppel oor die berge,

hy wip oor die heuwels.

9My liefling is soos ’n ribbok.

Hy is soos ’n takboklam.

Kyk, daar staan hy

agter die huis se muur.

Hy kyk deur die venster.

Hy loer deur die hortjies.

10“My liefling sê vir my:

‘Staan op,

my mooi beminde.

Kom saam met my!

11Die winter is verby,

die reën is oor.

12Die wêreld is vol bloeisels.

Die tyd het gekom om te sing.

Hoor hoe koer die tortelduiwe

die hele land vol.

13Die vroeëvye begin swel,

die botsels in die wingerde

versprei hulle geur.

Staan op,

my beeldskone beminde.

Kom hier na my toe!’”

Jong man:

14“My duif kruip vir my weg

êrens in die klipskeure,

iewers in ’n skuilplek

teen die kranse.

Laat ek sien

waar jy is!

Laat ek hoor

waar kruip jy weg!

Jou stem is so mooi

en jou gesig is pragtig.”

Jong vroue van Jerusalem:

15“Gou! Vang vir ons

die jakkalse!

Dit is die klein jakkalsies

wat die wingerde verniel,

terwyl die wingerde al bot.”

Jong vrou:

16“My liefling

behoort net aan my

en ek is net syne.

Hy laat sy skape

daar tussen die lelies wei

17totdat die dag verby is

en die skaduwees

lank geword het.

Kom terug na my toe,

my liefling.

Kom maak soos ’n ribbok,

soos ’n jong takbok

op die Beterberge.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help