MIGA 4 - Nuwe Lewende Vertaling

Die Here

sal regeer

1’n Tyd sal aanbreek

wanneer die Here se tempel

in Jerusalem

die belangrikste plek

op aarde sal wees.

Mense sal van oral af kom

om daar te aanbid.

2Baie nasies sal kom en sê:

“Kom laat ons opgaan

na die berg van die Here,

na die tempel

van die God van Israel.

Hy sal ons leer hoe om te lewe

sodat ons aan Hom

gehoorsaam kan wees.”

Dan sal die gebooie uitgaan

vanuit die tempel

en die woord van die Here

uit Jerusalem.

3Geskille tussen baie volke

sal Hy oplos.

Van hulle swaarde sal nasies

ploegskare maak

en van hulle spiese,

snoeiskêre.

Oorloë sal ophou

en ook militêre opleiding.

4Almal sal rustig woon

terwyl hulle vrede

en voorspoed geniet.

Hulle sal nie enige rede hê

om bang te wees nie.

Dit is ’n belofte van

die Here, die Almagtige!

5Elke nasie

kan sy vertroue stel

in hulle gode,

maar ons sal vir altyd

ons vertroue stel

op die Here ons God.

Terugkeer uit ballingskap

6Die Here sê:

“In die tye wat kom,

gaan Ek my mense

bymekaarmaak.

Dit sluit in die kreupeles

wat in ballingskap is

en dié wat Ek

met rampe getref het.

7Hulle is verswak

en ver van hulle huise af,

maar Ek sal hulle weer

’n sterk en magtige nasie maak.

Ek, die Here,

sal hulle Koning wees.

Ek sal vir ewig in Jerusalem

oor hulle regeer.

8Jerusalem, veilige vesting

vir God se mense,

Ek sal jou mag herstel.

Jerusalem sal weer soos vroeër

die stad wees

waar die koning regeer.”

9Maar waarom skreeu jy nou

so benoud?

Het jy dan nie ’n koning nie?

Het jou raadgewers verdwyn?

Angs het jou vasgegryp,

soos ’n vrou wat in kraam is.

10Mense van Jerusalem,

ervaar pyn en benoudheid

soos ’n vrou in kraam!

Julle sal die stad moet verlaat

om op die oop velde te bly.

Julle gaan binnekort

in ballingskap

na Babel toe geneem word.

Maar die Here sal julle daar red.

Hy sal julle verlos

uit die mag van julle vyande.

11Baie volke het hulle kragte

teen jou saamgespan.

Hulle soek jou bloed

en is gretig om die ondergang

van Jerusalem te aanskou.

12Maar hulle weet nie

hoe die Here dink nie

en verstaan nie sy planne nie.

Hy gaan hulle bymekaarmaak

soos gerwe

op die dorsvloer.

13Die Here sê vir Jerusalem:

“Maak jou gereed

en vernietig die nasies!

Ek sal vir jou ysterhorings

en koperhoewe gee

sodat jy baie nasies

kan vertrap.

Gee al die rykdom

wat jy so bekom

as offers aan My.

Ek is die Here

van die hele wêreld.”

’n Regeerder uit Betlehem

14Kry jou manskappe gereed

vir ’n inval,

want ons is omsingel.

Hulle sal die koning van Israel

met ’n stok in sy gesig slaan.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help