PSALMS 36 - Nuwe Lewende Vertaling

Die Here

is regverdig en getrou

1Vir die koorleier: ’n Psalm van Dawid, die dienaar van die Here.

2Die goddelose se opstand

kom uit sy hart.

Hy het nie ontsag vir God nie.

3In sy blinde verwaandheid

sien hy nie sy sonde

om dit te haat nie.

4Alles wat hy sê,

is sondig en vals.

Hy is nie verstandig nie

en doen nie die goeie nie.

5Hy beplan kwaad

wanneer hy gaan lê.

Hy kies ’n pad wat nie goed is nie

en verwerp nie die kwaad nie.

6 Here, u goedheid

is eindeloos soos die heelal;

u trou tot by die wolke.

7U regverdigheid

is soos die hoogste berge,

u oordeel

soos die diepste waters.

U sorg vir mense en diere, Here.

8Hoe kosbaar is u trou, o God!

Die hele mensdom vind skuiling

in die skadu van u vleuels.

9U voed hulle

uit die oorvloed van u huis,

en laat hulle drink

uit strome van vreugde.

10Want by U is die fontein van die lewe,

in u lig sien ons die lig.

11Laat u goedheid bly

by dié wat U erken

en u regverdigheid

by dié wat opreg is.

12Moenie dat die hoogmoediges

my vertrap nie.

Moenie dat die goddeloses

my wegdryf nie.

13Die kwaaddoeners val

daar waar hulle is,

hulle word neergegooi

en kan nooit weer

opstaan nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help