JESAJA 15 - Nuwe Lewende Vertaling

’n Boodskap oor Moab

1Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry:

In een nag sal Moab se stede,

Ar en Kir,

verwoes word.

2Jou mense in Dibon

sal by hulle tempels

en heiligdomme huil.

Hulle sal huil

oor die lot van Nebo

en Medeba.

Hulle sal hulle koppe kaalskeer

uit verdriet,

en hulle baarde afskeer.

3Hulle sal rouklere dra

wanneer hulle op straat kom.

Want in elke huis

en op elke plein

sal mense bitterlik huil

van verdriet.

4Die geroep uit die stede

van Gesbon en Elale

sal van ver af gehoor kan word,

selfs tot in Jahas.

Die dapperste soldate van Moab

skreeu van angs.

5Ek huil oor Moab.

Sy mense vlug

na Soar en Eglat-Selisija.

Al huilende klim hulle

die skuinste na Lugit toe uit.

’n Mens kan hulle hoor huil

al die pad na Goronajim toe.

6Selfs die water van Nimrim

het opgedroog!

Die gras het verdroog

en die plante het verdwyn.

Niks groens het oorgebly nie.

7Die vlugtelinge is so desperaat

dat hulle net die besittings saamvat

wat hulle kan dra.

Hulle vlug oor die Wilgerspruit.

8Die hele land Moab huil

van een kant

tot die ander kant,

van Eglajim tot by Beër-Elim.

9Die stroom by Dibon

is rooi van die bloed,

maar Ek is nog nie klaar

met Dibon nie.

Daar sal die leeus

oorlewendes vang,

dié wat probeer weghardloop

en dié wat agterbly.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help