JOB 19 - Nuwe Lewende Vertaling

Job praat ’n sesde keer wanneer hy Bildad antwoord

1Job het weer gepraat:

2“Hoe lank gaan julle

my nog martel?

Hoe lank gaan julle nog probeer

om my te verpletter

met julle woorde?

3Tien keer het julle nou bedoel

om my te verneder.

Julle kan julle skaam

om so ongevoelig

teenoor my te wees.

4Selfs al het ek gesondig,

is dit my saak,

nie julle s’n nie.

5Julle probeer my oorweldig

deur my vernedering

te gebruik

as bewys van my sonde.

6Maar dit is God

wat kwaad aan my doen,

want ek is soos

’n beleërde stad.

7“Ek roep hard om hulp,

maar niemand

hoor my nie.

Ek skreeu,

maar daar is geen

geregtigheid nie.

8God het my pad versper,

ek kan nie beweeg nie.

Hy het dit donker

op my weë gemaak.

9Hy het my gestroop

van my eer

en my kroon van my kop verwyder.

10Hy breek my af van alle kante.

Dis klaar met my.

Hy vernietig my hoop

soos ’n ontwortelde boom.

11Sy toorn brand teen my.

Hy beskou my as sy vyand.

12Sy soldate kom op my af

en bou paaie

om my aan te val.

Hulle slaan kamp op

rondom my tent.

13“My broers bly ver weg,

my vriende

het teen my gedraai.

14My familie is ver weg,

my bure het my vergeet.

15My gaste en diensmeisies

beskou my as ’n vreemdeling.

Ek is soos ’n uitlander vir hulle.

16Ek roep my bediende,

maar hy kom nie,

selfs al smeek ek hom hardop!

17My asem is aanstootlik

vir my vrou.

Ek is walglik

vir my eie familie.

18Selfs jong kinders

verag my.

As ek opstaan om iets te sê,

draai hulle die rug op my.

19My naaste vriende

het ’n afsku aan my.

Dié wat ek liefhet,

het teen my gedraai.

20Ek is nog net vel en been.

Ek het die dood net-net

vrygespring.

21“Bejammer my tog, my vriende,

wees tog jammer vir my!

Want die hand van God

het my getref.

22Waarom vervolg julle my ook

soos wat God doen?

Is dit nie genoeg vir julle

dat ek so ly nie?

23“Ag, dat al my woorde

neergeskryf sou word;

dat dit gegraveer sal word

op ’n monument,

24uitgekap met ’n ysterbeitel,

en gevul met lood,

vir altyd gegraveer in ’n rots.

25Maar ek, ek weet

dat my Verlosser leef,

en dat Hy aan die einde

op die aarde sal staan.

26Nadat my liggaam vergaan het,

sal ek persoonlik God sien!

27Ek sal Hom self sien.

Ja, ek sal Hom sien

met my eie oë.

Dié gedagte oorweldig my!

28“Hoe durf julle dan aanhou

om my te vervolg

deur te sê:

‘Dis sy eie skuld

dat hy so swaarkry.’

29Ek waarsku julle:

Julle is self in gevaar

om gestraf te word

vir julle gesindheid.

Daardie dag sal julle weet

dat reg gaan geskied!”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help