PSALMS 61 - Nuwe Lewende Vertaling

Lei my na die rots

1Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Dawidspsalm.

2O God,

luister na my roepstem

en hoor my gebed!

3Vanaf die einde van die aarde

roep ek tot U om hulp,

want ek is moedeloos.

Lei my na die rots hoër as ek.

4Waarlik, U is vir my ’n skuilplek,

’n sterk vesting

buite bereik van my vyande.

5Laat my vir altyd

in u woning bly,

en onder die beskerming

van u vleuels skuil!

Sela

6Want U het my geloftes gehoor,

o God.

U vervul die begeerte van hulle

wat u Naam dien.

7Voeg dae

by die lewe van die koning;

laat sy lewensjare

van geslag tot geslag wees!

8Mag hy vir altyd

voor God regeer.

Mag u goedheid en waarheid

hom bewaar.

9Dan sal ek u Naam altyd besing

en dag na dag

my geloftes betaal.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help