Hebreërs 3 - Bybel vir almal

Jesus is belangriker as Moses

1My vriende wat saam met my aan Christus behoort, God het vir julle ook gekies, en daarom moet julle onthou dat ons wat glo, sê dat Jesus ons Apostel en Hoëpriester is.

2Jesus het alles goed gedoen wat God gesê het Hy moet doen, soos Moses ook alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort.

3Want God het geweet dat Jesus belangriker is as Moses, en so is die een wat 'n huis bou, ook belangriker as die huis wat hy gebou het.

4Want dit is 'n mens wat 'n huis bou, maar dit is God wat alles gemaak het wat daar is.

5Dit is waar dat Moses alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort. Moses het alles gedoen soos iemand wat vir ander mense werk. Hy het dit gedoen sodat hy vir hulle kon vertel van al die dinge wat God later vir hulle sal sê.

6Maar Christus is anders as Moses, Christus is God se Seun, en Hy het alles gedoen vir almal wat aan God behoort. En ons behoort aan God as ons nie bang is nie en as ons aanhou glo. Ons is baie seker van die dinge wat ons glo.

Julle moet oppas dat julle nie ophou om te glo nie

7Daarom, die Heilige Gees sê:

Vandag, wanneer julle luister

na wat God sê,

8dan moet julle nie hardkoppig

wees nie,

soos toe julle opstandig

was teen God

op die dag toe julle vir Hom

in die woestyn getoets het.

9-10Julle voorvaders het daar

40 jaar lank gesien

wat Ek gedoen het,

maar hulle het My getoets,

hulle wou kyk of Ek hulle

sal straf.

Daarom was Ek kwaad

vir daardie geslag

en Ek het gesê:

“Hulle is mense wat nooit weet

wat hulle doen nie,

hulle wil nie lewe soos Ek

wil hê nie.”

11Ek was kwaad en Ek het gesê:

“So seker soos Ek lewe,

hulle sal nie kom in die land

waar Ek hulle veilig

wou laat woon

en laat rus nie.”

12My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie.

13Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “ vandag.”

14Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.

15Dit is soos die Ou Testament sê:

Vandag, wanneer julle luister

na wat God sê,

dan moet julle nie so

hardkoppig wees

soos toe julle opstandig was

teen God nie.

16Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker.

17Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê.

18God het gesê: “ So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” Vir wie het God dit gesê? Hy het dit gesê vir die mense wat nie geluister het na Hom nie.

19Daarom sien ons dat hulle nie kon ingaan in die land nie omdat hulle nie in God geglo het nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help