Jona 2 - Bybel vir almal

Jona bid

1Jona was binne-in die vis en toe het hy tot sy God die Here gebid.

2Hy het gesê:

“Here, dit het sleg gegaan met my,

en toe het ek tot U gebid.

U het my gehoor en U het my gehelp.

Ek was amper dood

en ek het geroep

en gevra dat U my moet help.

U het my gehoor.

3U het my in die diep water gegooi,

in die diepste plek van die see.

Daar was water bo-oor my.

U het groot branders gestuur,

en die water het oor my gespoel.

4Ek het gedink

U het my weggegooi,

U wil my nie meer sien nie.

Maar ek sal weer

u gewyde tempel sien.

5Die water het my toegemaak,

die see was oral rondom my,

daar was seegras om my kop.

6Ek het afgesak tot by die voet

van die berge,

diep onder in die see.

Die aarde het my daar toegesluit,

hy wou my altyd daar hou.

Maar U, my God die Here,

het my gered uit die dood.

7“Ek was swak en amper dood,

maar toe het ek aan U gedink, Here.

Ek het tot U gebid

in u gewyde tempel.

8 Afgode beteken niks,

en die mense wat hulle aanbid,

is die mense wat nie meer

aan U dink nie,

U wat vir hulle goed is.

9Maar ek, ek wil my danklied

vir U offer.

Ek wil doen wat ek belowe het.

Die Here het my gered.”

10Die Here het met die vis gepraat, en die vis het vir Jona uitgespoeg op die land.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help