Psalms 84 - Bybel vir almal

Ek is lief vir u tempel

1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die parskuip. Van die Korag-groep. 'n Psalm.

2Here, U wat oor alles regeer,

ek is lief vir u tempel.

3Ek wil graag daar wees,

ek verlang na die tempel van die Here,

ek wil juig oor die God wat lewe.

4Here, U wat oor alles regeer,

die mossies het ook neste,

en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjies

daar by u altare, my Koning en my God.

5Dit gaan goed met mense wat in u tempel woon,

hulle hou nie op om U te prys nie.

Sela

6Dit gaan goed met mense wat weet

dat U hulle sal beskerm

en wat graag na u tempel wil kom.

7Wanneer hulle deur 'n droë vallei moet gaan,

dan gaan daar fonteine vir hulle oop

en dan laat die eerste reën dit goed gaan.

8Hulle kry elke maal nuwe krag

totdat hulle by God in Sion kom.

9Here, U wat oor alles regeer,

U moet luister wanneer ek bid.

God van Jakob, U moet luister.

Sela

10O God, U moet goed wees vir die koning

wat ons moet beskerm.

U moet sorg vir u gesalfde.

11Waarlik, een dag in u tempel is beter

as 1 000 dae op 'n ander plek.

Dit is vir my beter om hier te staan

by die deur van die tempel van my God.

Ek wil nie woon in die huise

van die mense wat verkeerd doen nie.

12God die Here gee vir ons lewe en beskerm ons,

die Here is genadig en Hy gee vir ons eer.

Hy gee goeie dinge vir mense wat eerlik lewe.

13Here, U wat oor alles regeer,

dit gaan goed met 'n mens wat glo

dat U hom sal help.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help