Psalms 54 - Bybel vir almal

My Here beskerm my lewe

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Lied van Dawid

2 toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.

3O God, U self moet my red,

U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.

4O God, U moet luister na my gebed,

U moet doen wat ek vir U vra,

5want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval,

wrede mense wil hê dat ek moet sterf.

Hulle maak of daar nie 'n God is nie.

6Hulle moet weet dat dit God is wat my help,

my Here beskerm my lewe.

7Hy sal aan my vyande die slegte dinge doen

wat hulle aan my wou doen.

O God, U doen altyd wat U self besluit,

U moet hulle vir altyd stil laat word.

8Ek sal 'n offer bring wat U nie gevra het nie,

ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.

9Want U het my gered uit elke gevaar,

ek het gesien my vyande lê voor my.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help