Psalms 125 - Bybel vir almal

Ons bid dat Israel vrede sal hê

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Die mense wat glo dat die Here hulle sal help,

is soos die Sionsberg wat nie val nie

en wat altyd daar is.

2Daar is berge rondom Jerusalem,

en so beskerm die Here ook sy volk,

nou en vir altyd.

3'n Koning wat self verkeerd doen,

sal nie aanhou om te regeer oor die land

wat behoort aan mense wat reg doen nie.

As dit gebeur, dan sal die mense wat reg doen,

ook verkeerd begin doen.

4Here, U moet goed doen aan goeie mense,

aan die mense wat eerlik is.

5Maar die Here sal die mense straf

wat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê.

Hy sal hulle straf saam met die mense

wat slegte dinge doen.

Ons bid dat Israel vrede sal hê.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help