Psalms 45 - Bybel vir almal

My lied vir die koning

1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die blomme. Van die Korag-groep. 'n Lied. 'n Lied van die liefde.

2Ek soek na mooi woorde

wanneer ek my lied vir die koning sing.

My tong word soos die pen

van iemand wat goed kan skryf.

3Jy is mooier as ander mense

en jy sê mooi dinge,

daarom was God altyd goed vir jou.

4Jy moet jou swaard gereed hou op jou heup,

jy is die leier, want jy is die koning,

en almal kan dit sien.

5Jy is die koning

en jy sal doen wat jy moet doen.

Waar jy gaan, moet jy reg doen.

Jy moet nederig bly, dit is reg,

dan sal jy sterk wees

en belangrike dinge doen.

6Jou pyle is skerp,

hulle sal steek deur die harte van die vyande

van die koning,

hulle sal volke voor jou laat val.

7God het vir jou koning gemaak vir altyd.

Jy regeer jou mense regverdig,

8jy is lief vir wat reg is

en jy haat wat verkeerd is.

Daarom het God, jou God, vir jou gesalf

en vir jou meer vreugde gegee as vir ander konings.

9Al jou klere ruik soos mirre, aalwyn en kassie,

en jy geniet die musiek wat uit ivoor-paleise kom.

10Daar is prinsesse tussen jou vroue,

en regs langs jou staan die koningin.

Sy dra juwele van die beste goud.

11Dogter, jy moet luister,

jy moet kyk en goed luister.

Jy moet nou jou volk en jou familie vergeet.

12Jy is mooi, en die koning hou baie van jou.

Jy behoort aan hom en jy moet doen

wat hy wil hê.

13Dogter uit die stad Tirus, die ryk mense

sal vir jou presente bring

sodat jy vriendelik kan wees met hulle.

14Die prinses is baie mooi, en sy kom in,

haar klere is van goud-draad.

15Haar rok het baie kleure,

en hulle lei haar na die koning toe.

Agter haar is die jongmeisies,

haar vriendinne, hulle kom saam.

16Mense juig en sing, hulle lei die meisies

en bring hulle in die paleis van die koning.

17Koning, jy sal seuns hê,

en hulle sal regeer soos jou voorvaders.

Jy sal hulle kies en aanstel

om amptenare te wees in die hele land.

18My lied sal elke geslag aan jou laat dink.

Daarom sal die volke jou altyd prys.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help