Psalms 112 - Bybel vir almal

Dit gaan goed met iemand wat die Here dien

1Julle moet die Here prys.

Dit gaan goed met iemand wat die Here dien

en wat baie lief is om te doen wat die Here sê.

2Sy nageslag sal belangrike mense wees

in die land.

Dit sal goed gaan met die nageslag

van eerlike mense.

3Hulle sal ryk word, hulle sal baie goed hê,

en hulle sal altyd reg doen aan ander mense.

4Hulle is soos ligte wat in die donker skyn

vir mense wat eerlik lewe,

hulle is genadig en goed vir mense wat swaarkry,

en hulle doen reg aan ander mense.

5Dit gaan goed met iemand wat genadig is

en vir mense geld leen,

met iemand wat eerlik is

wanneer hy goed koop en verkoop,

6want mense wat reg doen, misluk nooit,

en ander mense onthou hulle vir altyd.

7Hulle is nie bang om slegte nuus te kry nie,

hulle vertrou dat die Here hulle sal help.

8Hulle is nie bekommerd nie, nie bang nie,

hulle weet hulle sal hulle vyande oorwin.

9Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg,

en mense respekteer hulle.

10Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien,

dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande.

Mense wat verkeerd doen, kry niks

van al die goed wat hulle graag wil hê nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help