Job 5 - Bybel vir almal

1Job, jy kan skree, maar niemand

sal jou antwoord nie.

Nie een van die engele sal wil

luister na jou nie.

2'n Dwaas, 'n dom mens,

kla en hy word kwaad,

maar dit laat hom sterf.

3Ek het self gesien dat dit begin goed gaan

met 'n dwaas,

maar dan het ek dadelik gesê

dat dit sleg sal gaan met sy huisgesin.

4Dit gaan nooit goed

met 'n dwaas se kinders nie,

mense doen nie reg aan hulle nie,

en daar is niemand wat hulle red nie.

5Mense wat honger en dors is,

eet die koring wat die dwaas afsny,

hulle haal die koring uit tussen die dorings,

hulle probeer alles vat wat die dwaas het.

6Dit is nie die stof of die grond

wat dit sleg laat gaan en wat mense

laat swaarkry nie,

7nee, mense word gebore

om swaar te kry,

hulle lewe is gou verby,

dit is soos vuurvlamme wat gou verdwyn.

8Maar ek? Ek sal bid tot God

wanneer dit sleg gaan met my,

ek sal Hom vra om my te help.

9Hy doen groot dinge wat ons

nie kan verstaan nie,

Hy doen wonderwerke,

meer as wat ons kan tel.

10Hy gee reën op die aarde,

Hy laat die veld nat word daar buite.

11Hy maak nederige mense belangrik,

Hy laat dit weer goed gaan

met mense wat rou.

12God maak die planne van skelm mense

deurmekaar,

die dinge wat hulle doen, slaag nie.

13Hy vang die slim mense met hulle eie skelm planne,

Hy keer die planne van mense wat wil bedrieg.

14Dit word vir hulle donker wanneer dit dag is,

in die middel van die dag voel hulle

waar hulle moet loop.

15Maar God red die mens wat niks het nie,

Hy red hom van die mense wat hom beskuldig,

Hy red hom van die mense wat sterker is as hy.

16Daarom kan die arm mens weer begin hoop,

en niemand kan verkeerde dinge doen aan hom nie.

17“'n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer.

Wanneer die Almagtige vir jou

wil leer hoe om te lewe,

dan moet jy luister.

18Want God maak seer,

maar Hy bind die seerplek weer toe,

Hy slaan stukkend,

maar Hy maak die stukkende plek weer gesond.

19Hy sal jou elke maal weer red,

Hy sal keer sodat niks sleg met jou gebeur nie.

20Wanneer die kos min is,

dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie.

Wanneer daar oorlog is,

dan sal hy keer sodat vyande

nie vir jou doodmaak nie.

21Hy sal jou beskerm wanneer mense

sleg praat van jou,

jy sal nie bang wees

wanneer dit gevaarlik is nie.

22Wanneer dit gevaarlik is,

en daar is hongersnood,

dan sal jy lag,

jy sal nie bang wees vir die wilde diere nie.

23Die klippe in die veld sal jou nie seermaak nie,

die wilde diere sal jou nie pla nie.

24Jy sal weet dat jy veilig is in jou tent,

jy sal sien dat niks weg is wanneer jy

na jou weiveld kyk nie.

25Jy sal weet dat jy 'n groot nageslag het,

jou afstammelinge sal so baie wees

soos die gras in die veld.

26Jy sal sterf en in die graf kom

ná 'n gelukkige lewe,

jy sal soos 'n koring-gerf

na die dorsvloer gaan

wanneer dit die regte tyd is.

27Dit is wat ons uitgevind het, dit is hoe dit is,

jy moet luister en jy moet dit self weet.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help