Psalms 134 - Bybel vir almal

Julle moet die Here prys

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Luister, julle almal wat dienaars van die Here is,

julle wat in die nag in die tempel werk,

julle moet die Here prys.

2Julle moet julle hande uitsteek na die gewyde plek

en julle moet die Here prys.

3Die Here wat die hemel en die aarde gemaak het,

is in Sion, en ek bid dat Hy jou sal seën.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help