Psalms 57 - Bybel vir almal

God sal sy hand uitsteek en my red

1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Lied, toe hy in die grot vir Saul gevlug het.

2O God, U moet genadig wees vir my,

U moet genadig wees,

want ek kom vra dat U my moet beskerm.

Ek vlug na U toe

soos kuikens onder 'n hen se vlerke in vlug

totdat die gevaar verby is.

3Ek roep en ek vra dat God my moet help,

Hy is die Hoogste God,

die God wat alles doen vir my.

4Hy sal sy hand uitsteek uit die hemel en Hy sal my red.

Hy sal die mense verneder wat my jaag.

Sela

God sal sy hand uitsteek en Hy sal my red,

Hy doen wat Hy belowe, Hy bly dieselfde.

5Daar is mense rondom my wat soos leeus is,

leeus wat 'n mens wil doodbyt.

Hulle tande is soos spiese

en hulle tonge is soos skerp swaarde.

6O God, U moet wys dat U die Groot Koning is

van die hemel en van die hele aarde.

7My vyande wou my vang

soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang,

dit het sleg gegaan met my.

Hulle het 'n gat gegrawe vir my

maar hulle het self in die gat geval.

8 O God, ek weet wat ek wil doen.

Ek wil sing en musiek maak.

9Ek wil wakker word,

ek wil my harp en my lier neem

en ek wil sing voordat die son opkom.

10Ek wil hê al die volke moet hoor

wanneer ek vir U dankie sê en vir U sing,

11want U doen oral wat U belowe,

ook tot by die hemel.

U is oral dieselfde,

ook tot by die wolke.

12O God, U moet vir almal wys

dat U die Groot Koning is

van die hemel en van die hele aarde.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help