Psalms 98 - Bybel vir almal

Julle moet juig vir die Here

1'n Psalm.

Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing,

want Hy het wonderwerke gedoen.

Hy is sterk, Hy het self oorwin,

niemand het Hom gehelp nie.

2Die Here het gewys dat Hy oorwin het,

Hy het die volke laat sien dat Hy reg doen.

3Hy het weer gedoen wat Hy belowe het,

Hy het dieselfde gebly vir die volk Israel.

Die mense oral op die aarde het gesien

dat ons God oorwin het.

4Al die mense op die aarde,

julle moet juig vir die Here,

julle moet begin, julle moet sing,

julle moet musiek maak.

5Julle moet vir die Here musiek maak

met liere, met liere en ander musiek,

6met trompette en met ramshorings.

Julle moet juig vir die Koning, die Here.

7Die see en alles in die see moet raas,

ook die wêreld en almal wat in die wêreld woon.

8Die riviere moet hande klap,

en al die berge moet sing

9vir die Here, want Hy kom

om te regeer oor die aarde.

Hy sal reg doen

wanneer Hy oor die wêreld regeer,

Hy sal reg doen aan almal

wanneer Hy oor die volke regeer.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help