Miga 3 - Bybel vir almal

1Maar ek sê:

Leiers van die Israeliete,

julle moet luister!

Julle weet wat reg is,

2maar julle haat alles wat goed is

en julle is lief vir alles wat sleg is.

Julle maak of my volk diere is.

3Julle eet hulle vleis

en julle slag hulle vel af.

Julle kap hulle bene stukkend,

julle sny hulle vleis soos 'n mens

vleis sny om dit te kook.

4Dan roep julle na die Here

en julle vra dat Hy julle moet help,

maar Hy antwoord julle nie.

Hy wil nie luister na julle nie,

want julle het verkeerd gedoen.

Die son sal ondergaan vir die profete

5Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg:

“Wanneer mense vir julle kos gee,

dan sê julle daar sal vrede wees,

en wanneer hulle

nie vir julle kos gee nie,

dan sê julle daar sal oorlog kom.”

6Daarom sal dit nag word vir julle.

Die Here sal nie vir julle wys

wat sal gebeur nie.

Die son sal ondergaan

vir die profete.

Dit sal donker word vir hulle.

7Die profete dink hulle weet

wat sal gebeur,

maar hulle sal nie weet

wat om te sê nie,

want God sal nie

met hulle praat nie.

8Net ek, Miga, is sterk.

Die Gees van die Here

het my sterk gemaak.

Ek weet wat is reg,

en ek is nie bang

om vir die Israeliete te sê

dat hulle sonde gedoen het nie.

9Leiers van die Israeliete,

julle moet luister!

Julle dink dit is nie belangrik

om reg te doen nie,

julle dink dit is reg

om verkeerd te doen.

10Die hele Jerusalem

is vol moordenaars

en mense wat verkeerd doen.

Dit is julle skuld.

11Die leiers wat moet sê wat reg is,

vra geld om dit te doen.

Die profete wat moet sê

wat sal gebeur,

vra geld om dit te doen.

Julle doen nie reg nie, maar julle sê

die Here is by julle.

Julle sê Hy sal dit

goed laat gaan met julle.

12Omdat julle dit doen,

sal die vyande Jerusalem omploeg

soos 'n mens

'n stuk grond omploeg.

Hulle sal Jerusalem verwoes,

en die berg

waar die tempel nou staan,

sal vol bosse wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help