Psalms 146 - Bybel vir almal

Ek wil die Here prys so lank soos ek lewe

1Julle moet die Here prys!

Ek wil die Here prys!

2Ek wil die Here prys so lank soos ek lewe,

ek wil vir my God sing so lank soos ek hier is.

3Julle moenie dink dat belangrike mense

julle kan help nie,

mense kan julle nie help nie.

4Wanneer mense hulle asem uitblaas en sterf,

dan gaan hulle terug na die grond,

en dan verdwyn al hulle planne.

5Dit gaan goed met mense

vir wie die God van Jakob help,

mense wat glo dat hulle God die Here

hulle sal help.

6Die Here het die hemel en die aarde gemaak,

die see en alles wat daarin is.

Die Here bly altyd dieselfde.

7Die Here doen reg aan mense

wanneer ander mense hulle verdruk.

Hy gee kos vir honger mense,

Hy maak gevangenes vry.

8Die Here laat blinde mense sien,

die Here tel mense op wat nie meer kan staan nie,

die Here is lief vir mense wat reg doen.

9Die Here beskerm vreemdelinge,

Hy help weeskinders en weduwees

om makliker te kan lewe,

maar Hy laat mense swaarkry

wat verkeerd lewe.

10Die Here sal altyd Koning wees.

Sion, jou God sal Koning wees

van al die geslagte.

Julle moet die Here prys!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help