Hosea 7 - Bybel vir almal

1Ek wou Israel gesond maak.

Maar toe sien Ek

dat die mense van Efraim

baie sonde doen,

Ek sien ook hoe sleg

is die mense van Samaria.

Hulle lieg en steel,

hulle steel mekaar se goed

in die strate.

2Hulle dink Ek weet nie

hoe sleg hulle is nie,

maar Ek weet alles

wat hulle gedoen het.

3“Die koning en sy amptenare

was bly dat hulle mense

sleg was en gelieg het.

4Almal pleeg egbreuk.

Hulle is warm

soos 'n oond wat warm bly

wanneer die bakker

nie meer vuurmaak nie

en wag dat die brood

eers moet reg word om te bak.

5Hulle koning het feesgevier,

en toe het hulle sy amptenare

baie dronk gemaak.

Die mense wat vir die koning moes help,

het gesit en lag.

6Hulle is soos die kole in 'n oond

wat in die nag warm bly

en in die oggend weer begin brand.

Hulle wag vir die regte tyd

om die koning dood te maak.

7Hulle is soos die vuur in 'n oond

wat aanhou brand,

hulle maak hulle leiers dood.

Hulle konings sterf almal,

maar hulle vra nie

dat Ek hulle moet help nie.

8“Die mense van Efraim lewe

tussen ander volke,

en die volke doen met die mense

van Efraim wat hulle wil.

Efraim beteken nou niks.

9Mense van ander lande

regeer oor hulle

en maak hulle swak,

maar hulle weet dit nie.

Hulle is soos brood

wat oud en muf geword het,

maar hulle weet dit nie.

10Die mense van Israel

het gedink hulle is belangrik,

maar hulle is nie meer belangrik nie.

Hulle het nie teruggekom

na hulle God die Here nie.

Dit het sleg gegaan met hulle,

maar hulle het nie vir die Here gevra

wat hulle moet doen nie.

11Die mense van Efraim

is soos 'n duif wat dom is.

Hulle vra vir Egipte

om hulle te help, maar dan

vlieg hulle na Assirië toe.

12Ek sal hulle vang

soos 'n mens voëls vang.

Ek sal 'n vangnet

oor hulle gooi en hulle vang

wanneer hulle opvlieg.

13Dit sal sleg gaan met hulle,

want hulle het weggevlug van My.

Hulle sal baie swaar kry,

want hulle wou nie luister na My nie.

Ek wou hulle red,

maar hulle het gelieg vir My.

14“Hulle het gebid en gevra

dat Ek hulle moet help,

maar hulle was vals.

Hulle lê op die bed en huil

en hulle sny hulleself met messe,

want hulle dink Baäl

sal vir hulle koring en wyn gee.

Hulle dien My nie meer nie.

15Dit is Ék wat hulle grootgemaak het

en wat vir hulle geleer het.

Ek het hulle sterk laat word,

maar hulle maak slegte planne

teen My.

16Hulle gaan na gode toe

wat nie kan help nie.

Hulle is soos 'n boog wat breek

wanneer jy 'n pyl wil skiet.

Hulle amptenare sal sterf

in oorlog, want hulle

het hulleself vervloek.

Die Egiptenaars sal vir hulle lag.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help