Hebreërs 2 - Bybel vir almal

Ons moet luister na die Seun se boodskap

1Daarom moet ons baie meer luister na die dinge wat die Seun vir ons kom sê het. Ons moet dit doen sodat ons nie word soos 'n skip wat by die hawe verbydryf nie.

2Want die boodskap wat die engele vir ons voorouers gebring het, was die waarheid. Daarom het die Here elke mens gestraf wat verkeerd gedoen het en wat nie gedoen het wat Hy gesê het nie.

3Ons sal ook nie kan vlug wanneer God ons straf omdat ons nie wil hê dat Hy ons moet red nie. God het ons op 'n wonderlike manier gered. Hy het dit in die begin self vir ons vertel, en die mense wat dit gehoor het, het ook vir ons vertel dat die Here ons wil red en dat dit seker is.

4God het ook saam met die mense getuig toe Hy wondertekens en tekens en baie wonderwerke gedoen het. God het ook getuig toe Hy self die Heilige Gees gegee het vir mense. Hy het besluit wat Hy vir elkeen wil gee.

Jesus was vir 'n kort tydjie minder belangrik as die engele

5God het nie gesê dat die engele moet regeer oor die nuwe wêreld wat kom nie, die wêreld waaroor ons praat.

6Maar iemand het in die Ou Testament 'n belangrike ding gesê en gevra:

Hoekom dink U aan mense?

Hoekom sorg U vir iemand

wat net 'n mens is?

7U het die mens vir 'n kort tydjie

minder belangrik gemaak

as engele,

maar U het vir die mens

eer gegee en U het hom

belangrik gemaak.

8U laat hom regeer oor alles

wat U gemaak het.

Toe God gesê het dat die mense kan regeer oor alles wat Hy gemaak het, het God niks gelos waaroor die mense nie kon regeer nie. Maar ons sien nog nie dat die mense oor alles regeer nie.

9Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir 'n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.

Jesus is die ware mens

10God het alles gemaak, en alles is daar om Hom te eer, Hy wou baie mense na Hom, die Koning, bring. Daarom moes Hy vir Jesus baie swaar laat kry en Hy moes vir Jesus laat sterf. Jesus moes sy werk heeltemal klaar doen en Hy moes die Leier word wat mense red.

11Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie.

12Want Jesus sê:

Ek sal vir my vriende

vertel wat U gedoen het,

Ek sal U prys daar waar hulle

bymekaar is.

13En Jesus sê ook:

Ek sal aanhou om op Hom

te vertrou,

en

Hier is Ek en die kinders

wat God vir My gegee het.

14Hierdie kinders was regte mense, en daarom het Jesus ook 'n regte mens geword, soos hulle. Jesus was 'n mens sodat Hy kon sterf en so kon Hy die krag heeltemal wegvat van die een wat sterker is as die dood, dit is die duiwel.

15Jesus het 'n mens geword sodat Hy al die mense vry kon maak wat hulle hele lewe lank soos slawe was omdat hulle bang was om te sterf.

16Want dit is seker: Jesus is nie bekommerd oor die engele nie, Hy is bekommerd oor die nageslag van Abraham.

17Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en 'n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen.

18Jesus het self baie swaar gekry, en die duiwel het probeer om Hom te verlei, daarom kan Hy mense help wanneer die duiwel hulle ook wil verlei.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help