Psalms 101 - Bybel vir almal

Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe

1Van Dawid. 'n Psalm.

Here, ek wil sing oor U

wat altyd doen wat U belowe,

oor U wat altyd reg oordeel.

Ek wil vir U sing.

2Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe.

Wanneer kom U na my toe?

Ek wil heeltemal reg lewe in my huis.

3Ek wil niks doen wat sleg is nie.

Ek haat die dinge wat mense doen

wat nie reg lewe nie.

Ek wil nie daardie dinge doen nie.

4Ek wil nie vals wees nie,

ek wil niks doen wat verkeerd is nie.

5Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sê

oor ander mense wat dit nie hoor nie.

Ek sal nie vriende wees met iemand

wat hoogmoedig is nie,

met iemand wat nie nederig is nie.

6Ek sal net mense in die land kies wat ek kan glo,

mense wat heeltemal reg lewe,

net húlle mag vir my werk.

7In my huis mag niemand woon

wat vir ander mense bedrieg nie.

Niemand wat leuens vertel,

mag vir my werk nie.

8Ek sal elke oggend almal in die land

wat verkeerde dinge doen, vir altyd stilmaak.

Ek sal die mense wat slegte dinge doen,

laat verdwyn uit die stad van die Here.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help