Psalms 122 - Bybel vir almal

Julle moet bid dat Jerusalem vrede sal hê

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Ek was bly toe mense vir my gesê het:

“Kom ons gaan na die huis van die Here.”

2Jerusalem, ons het daar in jou poorte gestaan.

3Die mense het Jerusalem goed gebou,

die huise staan vas teen mekaar.

4Dit is die stad waarnatoe die stamme kom,

die stamme van die Here.

Hy het gesê die Israeliete

moet daar vir Hom kom dankie sê.

5Want dit is waar die trone staan

waar die koning moet oordeel,

die trone van die stamme van Dawid.

6Julle moet bid dat Jerusalem vrede sal hê.

Julle moet sê: “Ons bid dat die mense

wat lief is vir jou, veilig sal woon.

7Ons bid dat daar vrede sal wees

binne jou mure,

ons bid dat die mense in jou mooi huise

veilig sal wees.”

8Ek dink aan my broers en my vriende,

en daarom wil ek sê: Asseblief, Jerusalem,

daar moet vrede wees in jou.

9Ek dink aan die tempel van ons God,

en daarom bid ek

dat dit goed sal gaan met jou, Jerusalem.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help