Psalms 12 - Bybel vir almal

Dit is U wat by ons wagstaan

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Dawid.

2Here, U moet help,

want daar is niemand wat in U glo nie,

daar het niemand oorgebly wat doen

wat hy belowe het nie.

3Mense is vals met mekaar,

hulle vertel mooi stories, maar dit is nie waar nie,

hulle sê mooi dinge, maar hulle is vals.

4Here, U moet die mense stilmaak

wat daardie stories vertel,

die mense wat spog.

5Hulle dink hulle sal wen met die dinge wat hulle sê,

hulle dink niemand sal hulle keer nie.

6Die Here sê: Ek sien die slegte dinge wat mense doen

met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie,

ek hoor hoe kla en sug die mense wat niks het nie.

Hulle het gevra dat Ek hulle moet help,

en Ek sal nou kom.

7Wanneer die Here praat, dan kan jy Hom glo.

Sy woorde is nie vals nie,

dit is so skoon en suiwer soos silwer

wat sewe maal gesmelt is in 'n vuur-oond.

8Dit is U, Here, wat by ons wagstaan.

U sal ons altyd beskerm teen hierdie mense.

9Rondom ons loop die mense wat verkeerd doen,

en almal sê die dinge wat sleg is, is goed.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help