Psalms 135 - Bybel vir almal

Julle moet die Here prys

1Julle moet die Here prys,

julle moet die Naam van die Here prys.

Dienaars van die Here, julle moet Hom prys,

2julle wat in die tempel werk

en op die oop stukke grond

van die tempel van ons God.

3Julle moet die Here prys,

want die Here is goed,

julle moet sing en sy Naam prys,

want sy Naam is mooi.

4Want die Here het vir Jakob gekies

vir Homself,

Hy het vir Israel gekies om sy eie volk te wees.

5Ja, ek weet dit, die Here is groot,

ons Here is groter as al die gode.

6Die Here doen alles wat Hy wil doen,

in die hemel en op die aarde,

in die see en die diep water.

7Dit is die Here wat die wolke laat opkom

van die kante van die aarde,

dit is Hý wat die weerlig maak vir die reën,

dit is Hý wat die wind laat uitkom uit sy stoorkamers.

8Dit is Hy wat die eerstes in Egipte

laat sterf het, die eerste kinders van mense

en die eerste lammers en kalwers van die diere.

9Hy het tekens en wonderwerke gedoen

in Egipte,

Hy het dit gedoen teen die farao

en al sy amptenare.

10Dit is die Here wat baie volke oorwin het

en wat sterk konings laat sterf het:

11Hy het koning Sihon van die Amoriete laat sterf,

en koning Og van Basan,

en al die konings van die land Kanaän.

12En toe het die Here húlle lande gegee

vir sy volk Israel,

dit het die Israeliete se land geword.

13Here, almal sal altyd u Naam ken,

elke nuwe geslag sal weet van U.

14Want die Here sal reg doen aan sy volk,

Hy sal weer jammer wees vir sy dienaars.

15Die volke se afgode is van silwer of goud,

mense het hulle gemaak.

16Die afgode het monde, maar hulle kan nie praat nie,

hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie,

17hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,

hulle haal ook nie asem nie.

18Die mense wat die afgode gemaak het,

is soos hulle,

en almal wat in hulle glo,

is ook soos hulle.

19Israeliete, julle moet die Here prys,

nageslag van Aäron, julle moet die Here prys,

20 nageslag van Levi, julle moet die Here prys,

julle almal wat die Here dien, julle moet die Here prys.

21Ons prys die Here in Sion,

ons prys Hom wat in Jerusalem woon.

Julle moet die Here prys.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help