Psalms 17 - Bybel vir almal

Ek weet U sal my antwoord

1'n Gebed van Dawid.

Here, U moet luister, ek is onskuldig.

U moet luister wanneer ek vra

dat U my moet help,

U moet luister wanneer ek bid.

Ek het niemand bedrieg nie.

2U moet sê dat ek reg gelewe het,

U weet wanneer mense eerlik is.

3Wanneer U in die nag by my kom

en kyk wat ek gedoen het,

wanneer U my toets,

dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie.

Wanneer ek praat,

dan praat ek nie verkeerde dinge

4soos ander mense nie,

ek doen wat U wil hê.

Daarom het ek nie geword soos die mense

wat altyd wil slaan en vat nie.

5Ek het altyd geloop waar U my gelei het,

en my voet het nooit gegly nie.

6My God, ek bid tot U,

want ek weet U sal my antwoord.

U moet luister en hoor wat ek sê.

7U moet 'n wonderwerk doen

en doen wat U belowe het,

U wat die Redder is, U red mense wat vra

dat U hulle by U moet beskerm

teen hulle vyande.

8U moet my oppas

soos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U,

U moet my wegsteek

soos 'n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke.

9U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen,

die mense wat wil hê ek moet weg wees,

my vyande wat my van al die kante aanval

en wat my wil doodmaak.

10Hulle is nie genadig nie, hulle praat en spog baie,

11hulle kom nou van al die kante,

hulle kyk hoe hulle my kan laat val.

12Hulle is soos leeus wat lê en wag

en gereed is om my dood te byt.

13Here, U moet kom, U moet my vyande keer,

U moet hulle op die grond gooi,

U moet my red van die mense wat verkeerd doen.

14Here, U self moet my red van hierdie mense,

hierdie mense wat alles het in hierdie lewe

en wat hulle vol eet van die dinge wat U gee,

mense wie se kinders genoeg het,

en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor.

15Ekself het reg gedoen, daarom sal ek vir U sien.

Wanneer ek wakker word en ek sien U is by my,

dan wil ek niks meer hê nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help