Psalms 48 - Bybel vir almal

Die stad van die Groot Koning

1'n Lied. 'n Psalm van die Korag-groep.

2Die Here is groot, almal moet Hom prys

in die stad van ons God, op sy gewyde berg.

3Sionsberg is mooi en hoog.

Almal op die aarde is bly oor die berg.

Dit is die berg waar God woon,

dit is die stad van die Groot Koning.

4God het vir almal gewys

dat Hy die mense beskerm

binne die sterk mure van die stad.

5Want kyk, konings het bymekaargekom

en hulle het saam die stad kom aanval,

6maar toe hulle self die stad sien,

het hulle geskrik.

Hulle het bang geword, hulle het gevlug.

7Hulle het baie bang geword daar by die stad,

hulle was so bang soos 'n vrou

wat 'n kind moet kry,

8so bang soos wanneer U skepe op die oop see

stukkend breek met die oostewind.

9Ons het daarvan gehoor, en nou het ons dit gesien

in die stad van die Here wat oor alles regeer,

in die stad van ons God.

God laat die stad vir altyd vas staan.

Sela

10O God, ons het hier binne-in u tempel daaraan kom dink

dat U doen wat U belowe het.

11Almal op die aarde moet U prys, o God,

want almal weet van U.

Alles wat U doen, is reg.

12Die mense in Sion moet bly wees,

die mense in die stede van Juda moet juig

omdat U reg oordeel.

13Julle moet om Sion loop, rondom die stad,

julle moet die torings in die muur tel.

14Julle moet goed kyk na die muur om die stad,

julle moet kyk na die sterk mure binne-in die stad,

sodat julle vir julle kinders kan sê:

15Die God wat hierdie stad beskerm,

is ons God, nou en vir altyd.

Hy sal ons altyd lei.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help