Hosea 5 - Bybel vir almal

Die mense van Israel was ontrou aan die Here

1Die Here het gesê:

“Die priesters,

die leiers van Israel,

en die koning en sy familie

moet almal luister.

Hulle moet hoor

hoekom die Here hulle wil straf.

Hulle het die mense

sonde laat doen op baie plekke:

in die stad Mispa,

op Tabor-berg,

2en in die stad Sittim.

Maar die Here sal hulle almal straf.

3Die Here weet wat

die mense van Israel gedoen het:

Hulle was ontrou,

en hulle het hulleself onrein

gemaak.

4“Hulle het te veel

verkeerde dinge gedoen,

hulle kan nie terugkom

na hulle God toe nie.

Hulle wil graag ander gode dien,

hulle wil nie naby

die Here wees nie.

5“Die mense van Israel dink

hulle is baie belangrik,

maar die Here sal hulle straf

oor wat hulle gedoen het.

Die Here sal hulle verneder,

want hulle het

verkeerde dinge gedoen.

En Hy sal die mense van Juda

ook verneder.

6Hulle sal skape en bokke

en beeste bring om te offer

en hulle sal vir die Here vra

wat hulle moet doen.

Maar die Here sal hulle

nie antwoord nie,

want Hy het hulle gelos.

7Hulle was ontrou aan die Here,

want hulle het

by die tempel-prostitute

geslaap en kinders gekry.

So het hulle

die Nuwemaan-fees gevier,

en daarom sal hulle sterf

en sal die vyande hulle land vat.”

Die Here sal hulle straf

8Die Here sê:

“Julle moet die mense waarsku.

Julle moet die ramshoring

en die trompet blaas

in die stede,

in Gibea, Rama en die sondestad Bet-El.

Die vyande kom,

hulle is al naby die land Benjamin.

9Hulle sal die land Efraim verwoes

op die dag wanneer die Here

hulle sal straf.

Dit sê Ek vir die stamme van Israel,

en dit sal gebeur.

10“Die amptenare van Juda wil nou

die mense van Israel se land vat,

en daarom sal Ek hulle swaar straf.

11Die vyande het die mense van Efraim

laat swaarkry, en dit is reg.

Die mense van Efraim

het afgode gedien

wat hulle nie kan help nie.

12Ek het die mense van Efraim en Juda

siek en swak laat word.

13Toe hulle sien hulle is siek,

het die mense van Efraim vir Jareb,

die koning van Assirië,

gevra om hulle te help.

Maar hy kon hulle nie help

en gesond maak nie.

14Dit is Ék wat die mense

van Efraim en Juda

stukkend geskeur het

soos 'n leeu mense doodbyt

en wegsleep,

en daar was niemand

wat hulle kon help nie.

15“Ek sal nou vir hulle wag

om na my tempel te kom.

Hulle moet sê hulle het

verkeerde dinge gedoen

en hulle moet vir My vra wat Ek

wil hê hulle moet doen.

Wanneer dit sleg gaan

met die mense van Efraim,

dan sal hulle vir My kom vra

wat hulle moet doen.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help