Psalms 110 - Bybel vir almal

Die Here sal langs jou wees

1Van Dawid. 'n Psalm.

Die Here het vir my koning gesê:

“Jy moet hier langs My sit,

op die belangrikste plek,

want Ek sal jou vyande verneder,

en Ek sal hulle voor jou laat lê

sodat jy jou voete op hulle kan sit.”

2Die Here is in Sion, Hy sal jou help om 'n sterk koning te wees.

Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”

3Jou soldate sal self kom

wanneer jy oorlog wil maak,

hulle sal gewyde klere dra.

Jou jongmanne sal vir jou wees

soos die dou vroeg in die oggend.

4Die Here het belowe, en dit sal so wees:

Jy self sal altyd 'n priester wees

soos Melgisedek 'n priester was.

5Die Here sal langs jou wees,

Hy sal konings oorwin

wanneer Hy kwaad is.

6Hy sal die Regter van die volke wees,

Hy sal die hele aarde volmaak met hulle lyke,

Hy sal die leiers oorwin.

7Die koning sal water drink

uit die stroom langs die pad,

en dan sal hy sy vyande oorwin.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help