Job 39 - Bybel vir almal

Die leeu en die kraai

1“Kan jy diere vang vir 'n leeu,

kan jy vir hom genoeg gee om te vreet

2wanneer hy lê en wag

agter die bosse?

3Wie gee vir 'n kraai die kos wat hy moet hê

wanneer sy kleintjies honger is en rondloop

en na God roep om hulle te help?”

Die klipspringers en die wildedonkies

4God het nog met Job gepraat en vir hom gesê:

“Job, weet jy wanneer

die klein klipspringers gebore word?

Staan jy en kyk waar die takbokke lammers kry?

5Weet jy hoe lank 'n ooi die kleintjie dra

en wanneer sy die lammetjie moet kry?

6Weet jy wanneer sy gaan lê

om die kleintjie te kry?

7Die kleintjies word gou groot

in die veld,

hulle gaan weg en kom nie terug nie.

8Wie het gesê die wildedonkie mag vry wees,

wie het hom gelos sodat hy kan loop waar hy wil?

9Ek laat hom woon in die droë plekke,

die sout-veld is sy woonplek.

10Die wildedonkie spot omdat dit so

raas in die stad,

hy hoor nie dat iemand vir hom skree

en hom jaag nie.

11Hy soek sy kos in die berge,

hy kyk waar al die groen plantjies is.”

Die oer-os

12“Sal die oer-os vir jou wil werk?

Sal hy by jou krip kom slaap?

13Kan jy hom vang met 'n tou

sodat hy jou ploeg kan trek?

Kan jy hom lei sodat hy jou land

sal omploeg?

14Kan jy sy groot krag gebruik

sodat hy jou swaar werk kan doen?

15Dink jy hy sal ook nog

jou koring na die dorsvloer bring?”

Die volstruis

16“'n Volstruis kan haar vlerke vrolik klap,

maar sy kan nie vlieg soos 'n ooievaar nie.

17'n Volstruis lê haar eiers op die grond,

sy broei hulle uit in die stof.

18Sy dink nie daaraan dat wilde diere

op die eiers kan trap en dit kan breek nie.

19Sy is 'n wrede ma vir haar kleintjies,

sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie,

sy is nie bekommerd as sy

die eiers uitgebroei het,

en as die kleintjies nie lewe nie.

20God het nie vir haar wysheid gegee nie,

Hy het haar nie verstandig gemaak nie.

21Maar wanneer sy haar vlerke optel

en sy hardloop, dan lag sy

vir die perd en vir die man wat

op hom ry.”

Die perd

22“Job, is dit jý wat vir die perd

sy krag gee,

sit jy die lang hare aan sy nek?

23Het jy vir die perd geleer

om te spring soos 'n sprinkaan?

Almal word bang wanneer hy snork.

24Hy kap die grond met sy pote,

hy wys dat hy sterk is en dat hy graag

in die oorlog wil ingaan.

25Hy is nooit bang nie,

hy vlug nie vir oorlog nie.

26Die pyle raas in die sak langs hom,

en die spiese blink.

27Hy kan nie stilstaan nie,

hy is gereed om te hardloop

wanneer die ramshoring blaas.

28Hy snork wanneer die ramshoring blaas,

hy weet dat die oorlog kom,

hy hoor die offisiere skree

dat die oorlog moet begin.”

Die valk en die aasvoël

29“Het jy vir die valk geleer

om hoog te vlieg,

het jy vir hom geleer om sy vlerke

oop te maak en na die suide te vlieg?

30Het jy vir die aasvoël gesê hy moet sy

nes op 'n hoë plek gaan bou?

31Sy nes is op die rotse,

hy bly op die hoogste plekke van die berge.

32Hy sit daar en kyk af

om sy kos te soek,

hy kan dit ver sien.

33Die aasvoël kom waar

dooie liggame lê,

en sy kleintjies vreet die rou vleis.”

Die Here praat weer met Job

34Die Here het toe vir Job gesê:

35“Jy wou die Almagtige beskuldig,

jy wou vir God sê dat Hy verkeerd

gedoen het.

Nou moet jy antwoord.”

Job sê hy sal nou stilbly

36Job het toe vir die Here gesê:

37“Ek weet nou dat ek niks beteken nie,

wat kan ek antwoord?

Ek sal niks sê nie.

38Ek het probeer om te sê

wat ek wou sê,

ek het dit weer en weer gedoen,

maar nou sal ek stilbly,

ek sal nie antwoord nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help