Psalms 63 - Bybel vir almal

U hou my regop

1'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2O God, U is my God,

ek wil naby U wees.

Ek verlang na U hier in 'n droë land,

hier is nie water nie,

en alles kry swaar om te lewe.

3Ek het in die tempel na U gekyk,

en ek het gesien dat U sterk is

en dat U die Koning is.

Ek wil dit nou ook weer sien.

4U doen wat U belowe,

en dit is beter as die lewe self.

Daarom wil ek U prys.

5So sal ek vir U dankie sê

so lank soos ek lewe,

ek sal my hande uitsteek na U toe

en ek sal u Naam sê.

6Dit sal vir my lekker wees,

so lekker soos 'n fees-ete,

wanneer ek sing en U prys.

7Wanneer ek aan U dink hier op my bed,

wanneer ek die hele nag oor U lê en dink,

8dan onthou ek dat U my altyd gehelp het

en my beskerm het soos 'n hen

haar kuikens beskerm.

En dan sing ek weer.

9Ek wil naby U bly,

U hou my regop met u sterk hand.

10Maar daardie mense

wat wil hê dat dit sleg moet gaan met my,

hulle sal sterf en moet afgaan

na die diep plekke onder die aarde.

11Hulle sal in 'n oorlog sterf,

en die jakkalse sal hulle opvreet.

12Dan sal die koning bly wees

dat hy aan God behoort.

Elkeen wat iets belowe en sê God is sy getuie,

sal vir God prys,

want die mense wat lieg, sal moet stilbly.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help