Jesaja 31 - Bybel vir almal

Die Egiptenaars is mense, nie gode nie

1Dit sal sleg gaan

met die Israeliete.

Hulle vra dat die Egiptenaars

hulle moet help.

Hulle dink perde kan hulle help,

hulle dink baie oorlogkarre

en soldate op perde

sal hulle beskerm.

Hulle vra nie dat die Heilige God van Israel

hulle moet help nie,

hulle bid nie tot Hom nie.

2Die Here het ook wysheid,

nie net die Egiptenaars nie.

Die Here het sy volk gestraf,

Hy het gedoen wat Hy gesê het,

en nou sal Hy hierdie mense straf

wat so verkeerd doen.

Hy sal nie sê

dat die slegte Egiptenaars

hulle mag help nie.

3Die Egiptenaars is mense,

nie gode nie,

en hulle perde is diere,

nie geeste nie.

Wanneer die Here sy hand uitsteek

om hulle te straf,

dan sal die mense val wat moet help,

en die mense wat gevra het

dat hulle moet help,

sal ook val.

Hulle sal saam sterf.

Die Here sal Jerusalem beskerm

4Die Here het vir my gesê

dat Hy sal afkom na Sionsberg

om oorlog te maak op die berg

wat aan Hom behoort.

Hy is die Here wat oor alles regeer.

Hy sal wees soos 'n leeu

wat 'n dier gevang het

en wat by die dier lê en brul.

Die leeu skrik nie

wanneer 'n klomp skaapwagters kom

en raas en skree nie.

5Soos 'n voël bokant sy nes vlieg

om dit te beskerm,

so sal die Here Jerusalem beskerm.

Hy is die Here wat oor alles regeer,

Hy sal kom,

en Hy sal die mense van Jerusalem

beskerm en red.

6Israeliete, julle moet terugkom

na die Here toe,

want julle het ver weggegaan van Hom.

7Eendag sal elkeen van julle

sy afgode weggooi,

die afgode van silwer en goud

wat julle self gemaak het

toe julle sonde wou doen.

8Die Assiriërs sal sterf,

maar dit sal nie mense wees

wat hulle doodmaak nie.

Hulle sal vlug,

en hulle jongmanne sal soos slawe

moet werk vir die vyande.

9Hulle beste leiers sal vlug,

hulle offisiere sal skrik

en weghardloop.

Hulle sal hulle vlag daar los.

Die Here het dit gesê.

Op sy altaar in Sion

brand 'n vuur.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help