Psalms 124 - Bybel vir almal

Dit is die Here wat vir ons gehelp het

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid.

“As die Here ons nie gehelp het nie,”

dit moet die Israeliete sê, dit moet hulle doen,

2“as die Here ons nie gehelp het

toe mense ons aangeval het nie,

3dan het die mense ons lewendig ingesluk

omdat hulle kwaad was vir ons,

4dan het die water ons weggespoel,

en dan het die waterstroom oor ons gevloei,

5dan het die groot branders bo-oor ons gespoel.

6Ons prys die Here, Hy het ons nie gelos

sodat die vyande ons kan op-eet nie.

7Ons is soos 'n voël wat vry weggekom het

uit die vangnet van die voëlvanger.

Die net het gebreek, en ons het vry weggekom.

8Dit is die Hére wat vir ons gehelp het,

die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help