Job 33 - Bybel vir almal

1Maar, Job, jy moet nou

luister na my,

jy moet alles hoor wat ek sê.

2Kyk goed,

ek maak my mond oop,

die tong in my mond praat.

3Ek sal baie eerlik wees,

ek sal duidelik sê wat ek weet.

4God die Almagtige het my gemaak,

Hy het vir my lewe gegee,

Hy het asem gegee wat my laat lewe.

5Job, jy moet my antwoord as jy kan,

jy moet gereedmaak om te praat.

6Kyk, wanneer ons saam

voor God staan,

dan is ek dieselfde soos jy,

Hy het my ook van klei gemaak.

7Daarom, jy moenie bang wees vir my nie,

ek sal dit nie vir jou baie moeilik maak nie.

8Ek het goed gehoor wat jy sê,

ek kan jou woorde nou nog onthou.

9Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig,

ek het niks verkeerd gedoen nie,

my hande is skoon,

ek het nie sonde gedoen nie.

10Maar God is téén my,

Hy maak of ek sy vyand is.

11Hy sit my voete in 'n blok,

Hy sien alles raak wat ek doen.’

12Maar Job, ek sê vir jou:

Jy is verkeerd wanneer jy dit sê.

God is groot,

'n mens kan nie met Hom stry nie.

13Hoekom beskuldig jy vir God?

Hoekom sê jy dat Hy nie

wil antwoord nie?

14Want God praat weer en weer,

maar mense luister nie.

15God praat in die nag,

wanneer mense vas slaap,

Hy wys vir hulle dinge

wanneer hulle droom.

16Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê,

Hy waarsku hulle, en hulle word bang.

17Hy wil hê hulle moet ophou

om verkeerd te doen,

hulle moet ophou om hoogmoedig

te wees.

18God wil keer

sodat 'n mens nie sterf nie,

Hy wil die mens red van die graf.

19Hy straf 'n mens,

Hy laat hom siek word,

die pyn hou nooit op nie.

20Kos maak daardie mens naar,

ook die lekkerste kos.

21Hy word so maer dat hy

net vel en bene is.

22Hy is naby die dood,

hy is amper in die graf.

23Maar daar kom miskien 'n engel by hom,

een van die baie engele wat daar is.

Die engel wil vir hom bid

en vir hom sê wat hy moet doen.

24Die engel is jammer vir hom

en die engel bid en sê:

‘Moenie dat hy sterf nie,

ek sal hom loskoop.’

25Dan sal daardie mens weer jonk word,

sy liggaam sal nuwe krag kry.

26Hy sal tot God bid,

en God sal doen wat hy vra.

Hy sal vir God dien en bly wees,

God sal hom beloon

omdat hy gedoen het wat reg is.

27Dan sal hy vir mense sê:

‘Ek het sonde gedoen,

ek het nie gedoen wat reg is nie,

en God het my nie gestraf nie.

28Hy het my gered,

ek het nie gesterf nie,

ek geniet nog die lewe.’

29Luister na my:

God doen dit alles met 'n mens,

Hy doen dit weer en weer.

30God hou 'n mens weg van die graf,

Hy laat die mens die lewe geniet.

31Job, jy moet luister na my,

jy moet hoor wat ek sê,

jy moet stilbly sodat ek kan praat.

32Of, as jy iets wil sê,

dan moet jy dit vir my sê.

Jy moet praat, ek wil graag hoor

dat jy onskuldig is.

33As jy niks het om te sê nie,

dan moet jy luister na my.

Jy moet stilbly, sodat ek

vir jou wysheid kan leer.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help