Jesaja 25 - Bybel vir almal

U was vir die arm mense soos 'n plek waar hulle veilig is

1Here, U is my God,

ek sal U loof en u Naam prys,

want U het 'n wonderwerk gedoen,

U het gedoen

wat U lank gelede besluit het.

U het dit besluit

en U het dit gedoen.

2Ja, U het die groot stad verwoes.

Die stad wat die sterk mure gehad het,

is nou 'n hoop klippe.

Die sterk stad van die vyande

is nie meer 'n stad nie,

niemand sal die stad

weer bou nie.

3Daardie volk wat sterk was,

sal nou vir U eer,

die wrede mense van daardie stad

sal bang wees vir U,

4-5want arm mense

wat probleme gehad het,

kon na U toe vlug.

Wrede mense het ons aangeval.

Hulle asem was soos 'n reën-storm

in die winter,

dit was soos die son wat brand

in die droë woestyn.

Maar U was vir die arm mense

soos 'n plek waar hulle veilig was

in die reën-storm.

U was soos 'n skaduwee

wanneer die son hulle brand.

U het die wrede vyande

laat ophou raas en juig,

dit was soos wanneer 'n wolk

'n skaduwee maak

en die son ophou brand.

Die Here sal die trane afvee

6Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg 'n groot fees hou.

Daar sal die lekkerste kos

en die oudste wyn wees,

vleis met murg in die bene,

en skoon wyn.

7Die Here sal op hierdie berg

die lap stukkend skeur,

die lap wat al die volke

toegemaak het.

8Hy sal die dood vir altyd wegvat,

ja, die Here sal die trane afvee

van al die mense se gesigte.

Niemand op die hele aarde

sal aanhou om sy volk te spot nie.

Die Here het dit gesê.

9Daardie dag sal die mense sê:

“Kyk, ons God is hier.

Ons het geglo Hy sal ons red,

en Hy het dit gedoen.

Hy is die Here,

ons glo in Hom.

Ons wil juig en vrolik wees,

want Hy het ons gered.

10Ja, die hand van die Here

sal hierdie berg beskerm.

Maar Hy sal op die Moabiete trap

totdat hulle plat is

daar waar hulle is,

soos 'n mens 'n hoop kaf plat trap

in water in 'n gat

waar hulle die mis weggooi.

11Die Moabiete sal

met hulle hande in die water roei

soos iemand wat wil swem.

Hulle sal hulleself probeer red,

maar die Here sal hulle

ondertoe druk.

12Moabiete, die Here sal

die sterk mure van julle stad omgooi,

die mure sal op die grond val

en dit sal in die stof lê.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help