Psalms 77 - Bybel vir almal

Wil die Here ons vir altyd los?

1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Jedutun.” Van Asaf. 'n Psalm.

2Ek roep hard na God, ek vra dat Hy my moet help,

ek roep hard na God sodat Hy my kan hoor.

3Dit gaan sleg met my,

ek wil hê die Here moet by my wees.

Ek steek my hand uit en ek bid,

ek hou die hele nag aan,

maar niks verander vir my nie.

4Wanneer ek aan God dink, dan sug en kla ek,

wanneer ek begin dink, dan word ek moedeloos.

Sela

5U laat my wakker bly,

ek is bekommerd, ek kan nie praat nie.

6Wanneer ek dink aan die tyd wat verby is,

aan die jare lank gelede,

7wanneer ek in die nag op my lier speel,

dan dink ek diep in my hart

en ek vra vir myself:

8Wil die Here ons vir altyd los,

wil Hy nooit weer goed wees vir ons nie?

9Het Hy heeltemal vergeet

wat Hy vir ons belowe het?

Sal Hy nooit weer met ons praat nie?

10Wil God nie meer genadig wees nie?

Of is Hy so kwaad dat Hy nie weer

jammer kan wees vir ons nie?

Sela

11En dan sê ek:

Daar is iets wat my ongelukkig maak,

dit is dat die Hoogste God nie meer doen

wat Hy voorheen gedoen het nie.

12Ek dink aan wat die Here gedoen het,

die wonderlike dinge wat U gedoen het,

lank gelede,

13ek dink aan alles wat U gedoen het,

die groot dinge wat U gedoen het.

14O God, U het gedoen wat net U kan doen.

Daar is nie 'n ander God wat so groot is

soos U nie, o God.

15Dit is U, o God, wat 'n wonderwerk gedoen het

en vir die volke gewys het dat U sterk is.

16U het u volk vrygemaak,

die nageslag van Jakob en die nageslag van Josef,

U het gewys dat U baie sterk is.

Sela

17O God, toe die water vir U sien,

toe die water vir U sien,

toe het die water gebewe.

Die diep water was baie bang.

18Daar het reën geval uit die wolke,

daar was donderweer in die lug,

u weerlig het oral geblits.

19U het die donderweer laat raas,

die weerlig het dit lig gemaak in die wêreld,

die aarde het geskud en gebewe.

20U het deur die see gekom,

U het deur die baie water gestap,

niemand het u spore gesien nie.

21U het u volk gelei

soos 'n herder sy skape en bokke lei,

U het vir Moses en Aäron gestuur om dit te doen.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help