Psalms 128 - Bybel vir almal

Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Dit gaan goed met almal wat die Here dien,

almal wat lewe soos Hy wil hê.

2As jy dit doen en as jy hard werk,

dan sal jy genoeg hê om van te lewe.

Dit sal goed gaan met jou,

en jy sal ryk word.

3Jou vrou in jou huis sal wees

soos 'n wingerdstok wat baie druiwe dra.

Jou kinders by jou tafel sal wees

soos jong olyfboompies.

4Jy moet onthou, dit is hoe die Here

die persoon sal seën wat Hom dien.

5Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën.

Ek bid dat jy sal sien

dat dit goed gaan met Jerusalem,

so lank soos jy lewe,

6en dat jy jou kinders se kinders sal sien.

Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help