Psalms 33 - Bybel vir almal

Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is

1Julle wat reg lewe,

julle moet sing oor wat die Here gedoen het.

Julle almal wat eerlik lewe, julle moet sing en die Here prys.

2Julle moet speel op die lier en die Here prys,

julle moet vir Hom speel op die harp.

3Julle moet vir Hom 'n nuwe lied sing,

julle moet goed speel en julle moet hard skree.

4Want die Here praat die waarheid,

Hy het gedoen wat Hy belowe het.

5Hy hou daarvan dat mense reg lewe

en dat hulle reg doen aan ander mense.

'n Mens kan oral op die aarde sien

dat Hy doen wat Hy belowe het.

6Die Here het gesê die lug en die sterre

moet daar wees,

en toe was hulle daar.

7Hy het die water van die see laat bymekaarkom

soos in 'n dam,

Hy het die diep water in stoorkamers gebêre.

8Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here,

almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer,

9want wanneer Hy praat, dan gebeur dinge,

wanneer Hy sê iets moet daar wees, dan is dit daar.

10Dit is die Here wat die planne van volke laat misluk,

dit is Hy wat keer sodat dinge wat mense wil doen,

nie gebeur nie.

11Wanneer die Here iets wil doen, dan doen Hy dit,

wanneer Hy besluit het iets moet gebeur, dan gebeur dit

en dit bly altyd so.

12Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is,

die volk wat Hy gekies het om aan Hom te behoort.

13Die Here kyk uit die hemel, Hy sien al die mense,

14Hy kyk uit sy woonplek wat almal doen,

almal wat op die aarde woon.

15Dit is Hy wat hulle verstand gemaak het

en Hy weet alles wat hulle doen.

16-17Mense wen nie 'n oorlog omdat hulle perde het nie,

mense word nie vry omdat hulle perde sterk is nie.

18Nee, die Here sorg vir die mense wat Hom dien,

die mense wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

19Hy red hulle van die dood,

Hy laat hulle lewe wanneer daar min kos is.

20Ons weet dat die Here ons sal help, Hy sal ons beskerm.

21Ja, ons juig oor wat Hy gedoen het, oor wat Hy self gedoen het,

ja, ons glo in Hom wat heilig is.

22Here, doen met ons wat U belowe het,

ons glo dat U dit sal doen.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help