Psalms 67 - Bybel vir almal

God seën ons

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm, 'n lied.

2O God, U moet goed wees vir ons

en ons seën,

U moet na ons toe kom.

Sela

3Dan sal die mense op die aarde weet

wat U wil hê,

al die volke sal weet dat U hulle wil red.

4O God, die volke moet U prys,

die volke moet U prys, hulle almal

moet dit doen.

5Die volke moet bly wees en vrolik sing,

want wanneer U die volke oordeel,

dan doen U reg aan almal.

U lei die volke op die aarde.

6O God, die volke moet U prys,

die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.

7Die aarde het koring en vrugte gegee,

God, ons God, seën ons.

8God seën ons,

en al die mense op die aarde moet Hom eer.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help