Psalms 75 - Bybel vir almal

Dit is God wat oordeel

1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2O God, ons sê vir U dankie, ons sê dankie.

U is naby ons, almal praat oor u wonderwerke.

3God het gesê:

“Wanneer die tyd kom, die tyd wat Ek besluit het,

dan sal Ek reg oordeel.

4Wanneer die aarde en alles op die aarde wegsmelt,

dan is dit Ék wat die pilare van die aarde vas laat staan.

Sela

5Ek het vir die hoogmoedige mense gesê,

vir die mense wat verkeerd doen:

‘Julle moenie hoogmoedig wees nie,

julle moenie dink julle is sterk nie,

6julle moenie dink julle is baie sterk

en julle kan enige iets sê wat julle wil sê nie.’ ”

7Want niemand kan 'n mens belangrik maak nie,

niemand in die ooste of die weste,

of in die woestyn nie.

8Dit is God wat oordeel.

Hy wys vir party mense dat hulle nie belangrik is nie

en Hy maak ander mense belangrik.

9Ja, daar is 'n beker in die hand van die Here,

en in die beker is wyn wat skuim

en daar is baie sterk kruie daarin.

Die Here skink die wyn

vir die mense wat verkeerd doen,

en hulle sal almal daarvan drink,

hulle sal die beker heeltemal leeg drink,

ook die stukkies wat afsak en onder in die beker lê.

10Ekself sal aanhou praat oor die God van Jakob,

ek sal vir Hom sing.

11Hy het gesê: “Ek sal vir almal wys

dat die mense wat verkeerd doen,

nie belangrik is nie,

en Ek sal wys dat die mense wat reg doen,

die belangrike mense is.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help