Psalms 42 - Bybel vir almal

My Rots, hoekom het U my vergeet?

1Vir die leier van die koor: 'n Lied. Van die Korag-groep.

2Ek verlang na U, o God,

soos 'n wildsbok verlang na strome water.

3Ek is dors vir God, vir die God wat lewe.

Wanneer kan ek Hom weer

in sy tempel gaan dien?

4My trane is my kos, ek huil elke dag en nag

wanneer mense aanhou om vir my te vra:

“Waar is jou God?”

5Dan onthou ek en ek hou aan om te dink

hoe ek tussen baie mense geloop het

en hulle gelei het na die tempel.

Ons was baie mense en ons het feesgevier,

ons het hard gesing en vir God dankie gesê.

6Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie,

ek moet glo dat God my sal help,

ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys.

Hy is naby, Hy sal my red,

7Hy is my God.

Wanneer ek so treurig is,

dan dink ek aan U hier waar ek is

in die land by die Jordaan-rivier

en by die Hermon-berge,

hier by die Klein-berg.

8Wanneer U die watervalle laat raas,

dan is dit soos wanneer die diep waters

vir mekaar skree,

en U al die branders en die groot golwe

oor my laat spoel.

9As die Here elke dag vir my doen

wat Hy belowe het,

dan sal ek elke nag 'n lied vir Hom sing,

ek sal bid tot die God wat my laat aanhou lewe.

10Ek sal vir God sê: My Rots,

hoekom het U my vergeet?

Hoekom moet ek aanhou rou

omdat vyande my laat swaarkry?

11Dit voel of iemand my doodsteek

wanneer my vyande my spot en aanhou sê:

“Waar is jou God?”

12Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie,

ek moet glo dat God my sal help,

ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys.

Hy is naby, Hy sal my red,

Hy is my God.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help