Psalms 97 - Bybel vir almal

Die Here is belangriker as almal op die hele aarde

1Die Here is Koning.

Die aarde moet juig,

die baie eilande moet bly wees.

2Niemand sien die Here nie,

daar is donker wolke rondom Hom,

maar Hy doen reg en Hy oordeel reg

wanneer Hy regeer.

3Wanneer Hy kom, dan is daar 'n vuur voor Hom,

en dit verbrand sy vyande rondom Hom.

4Sy weerligstrale maak die wêreld lig.

Die aarde sien dit en bewe.

5Die berge smelt voor die Here,

voor die Here van die hele aarde.

6Die hemel bring die nuus dat die Here reg doen,

al die volke sien dat Hy Koning is.

7Almal wat beelde dien, voel verneder,

almal wat gespog het

oor goed wat niks beteken nie,

almal wat gespog het

oor al die gode

wat nou voor die Here moet buig.

8 Sion hoor dit en is bly,

al die stede van Juda juig

omdat U, Here, die vyande gestraf het.

9Ja, Ú, Here, U is belangriker as almal

op die hele aarde,

U is baie belangriker as al die gode.

10Die mense wat lief is vir die Here,

moet slegte dinge haat.

Die Here beskerm die mense wat in Hom glo.

Hy red hulle van die mense wat verkeerd doen.

11Daar is baie lig in die lewe van mense wat reg doen,

eerlike mense sal altyd bly wees.

12Mense wat reg doen, julle moet bly wees

omdat julle aan die Here behoort.

Julle moet vir Hom dankie sê

omdat julle sy heilige Naam ken.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help