Spreuke 31 - Bybel vir almal

'n Koning moet reg doen aan mense wat hulleself nie kan beskerm nie

1Hier is die dinge wat koning Lemuel van die land Massa se ma vir hom geleer het.

2My kind, my eie kind,

ek het 'n gelofte oor jou gemaak.

3Jy moenie al jou krag, jou lewe, gee vir vroue nie,

vroue verwoes konings.

4Lemuel, konings moenie wyn drink nie,

mense wat regeer, moenie dronk word nie.

5Want wanneer hulle drink,

dan kan hulle miskien die wette vergeet,

en dan doen hulle nie reg aan al die mense

wat hulleself nie kan beskerm nie.

6Jy moet drank gee vir die mense

wat besig is om te sterf,

jy moet wyn gee vir die mense wat swaarkry.

7Wanneer hulle drink,

dan sal hulle miskien vergeet dat hulle arm is

en dan sal hulle nie meer daaraan dink

dat hulle swaarkry nie.

8Wanneer mense nie self kan praat nie,

dan moet jy sê wat hulle wil sê,

jy moet praat en reg doen aan almal

met wie dit sleg gaan.

9Jy moet praat, jy moet reg oordeel,

jy moet reg doen aan die mense

wat hulleself nie kan beskerm nie,

die mense wat niks het nie.

'n Goeie vrou

10Wanneer iemand 'n goeie vrou kry,

dan het hy 'n vrou wat meer kosbaar is as koraal.

11Haar man weet dat sy sal doen wat sy belowe het,

hy weet dat sy goed altyd meer sal word.

12Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie,

haar hele lewe lank.

13Sy maak wol en vlas bymekaar

en sy geniet dit om met haar hande te werk.

14Sy is soos die skepe van 'n handelaar,

sy bring van ver plekke die kos wat sy nodig het.

15Sy staan op wanneer dit nog donker is,

sy gee vir haar huisgesin kos

en sy gee vir haar bediendes werk.

16Sy dink goed oor 'n stuk grond en sy koop dit,

sy neem van haar eie geld en sy plant daar wingerdstokke.

17Sy is sterk, sy kan aanhou werk.

18Wanneer sy sien dat mense graag haar goed koop,

dan werk sy die hele nag.

19Sy steek haar hande uit

en sy werk by die spinwiel en die weefstoel.

20Sy gee graag vir mense

wat hulleself nie kan beskerm nie,

vir mense wat niks het nie.

21Wanneer dit sneeu,

dan is sy nie bekommerd oor haar huisgesin nie,

want hulle dra almal warm klere.

22Sy maak vir haar komberse,

sy dra klere van linne en pers wol.

23Almal ken haar man,

hy sit saam met die leiers van die land by die poort.

24Sy maak klere en sy verkoop dit,

sy gee vir die handelaars nekdoeke om te verkoop.

25Sy is 'n sterk en 'n netjiese vrou,

sy is nie bekommerd oor wat later sal gebeur nie.

26Wanneer sy praat, dan praat sy met wysheid,

sy leer vir haar mense om vriendelik te wees.

27Sy kyk dat alles reg gaan in haar huis,

sy is nie lui nie.

28Haar kinders staan regop en hulle prys haar,

haar man sê dat sy 'n goeie vrou is.

Hy sê:

29“Baie vroue doen goed,

maar jy doen beter as hulle almal.”

30'n Vrou bly nie altyd jonk en mooi nie,

'n vrou wat die Here dien en Hom respekteer,

dit is vir háár wat ons wil prys.

31Sy moet self ook kry van alles waarvoor sy werk,

almal by die poorte moet haar prys.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help