Psalms 87 - Bybel vir almal

Die volke is ook kinders van Sion

1Van die Korag-groep. 'n Psalm. 'n Lied.

Die fondamente van die stad van die Here

is op die gewyde berge.

2Die Here is lief vir Sion en sy poorte,

meer lief as vir die ander woonplekke in die land Israel.

3Stad van God,

die mense sê wonderlike dinge oor jou.

Sela

4Die Here sê: “Daar is volke wat My ken,

en saam met daardie volke noem Ek ook

die mense van Egipte en Babel,

Filistyne-land, Tirus en Kus.

Hulle is nou ook kinders van Sion.”

5En ons sê: “Sion sal hoor

daardie mense is almal sy kinders,

en dit is die Hoogste God

wat die stad sterk en vas laat staan.”

6Wanneer die Here die name van die volke opskryf,

dan sal Hy hulle almal tel en sê hulle is kinders van Sion.

Sela

7Hulle sal sing en dans, en hulle sal sê:

“In Sion is alles wat vir my goed is.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help