Job 38 - Bybel vir almal

God praat met Job

1Die Here het met Job gepraat. Die Here was in 'n stormwind, en Hy het gesê:

2“Job, wie is jy?

Dink jy dat jy

kan sê Ek besluit verkeerd?

Jy weet nie wat jy praat nie.

3Jy moet gereedmaak,

jy moenie bang wees nie.

Ek sal vra, en jy moet my antwoord.”

Die aarde en die see

4“Waar was jy toe Ek die aarde

op sy fondamente gesit het?

Sê vir my as jy so baie weet.

5Wie het 'n maatlyn styfgetrek en gemeet

hoe groot die aarde moet wees?

Weet jy?

6Waarop staan die voetstukke van die pilare

van die aarde?

Wie het die hoek-klip onder die aarde gesit?

7Daardie dag het al die môre-sterre gesing

en almal in die hemel het gejuig.

8Wie het deure ingesit en die see toegesluit

toe die water oor die aarde begin vloei het?

9Dit was toe Ek wolke oor die see gesit het

sodat dit donker was oor die see.

10Ek het 'n grens gemaak vir die see,

Ek het deure met sluitbalke ingesit

11en Ek het gesê: Jy mag tot hier kom,

jy mag nie verder kom nie,

hier moet jou branders breek.”

Die oggend, die donker en die doderyk

12“Job, het jy in jou lewe vir die oggend gesê

dat hy moet kom,

het jy vir die dag gesê

wanneer dit moet begin?

13Het jy vir die oggendlig

gesê om die aarde te gryp

en die mense af te skud

wat verkeerd doen?

14Wanneer dit lig word,

dan verander die aarde

soos klei verander wanneer 'n mens 'n seël

op die klei druk.

Die berge en die valleie

is soos die voue in 'n bo-kleed.

15Wanneer die nag verby is,

dan kan die mense wat verkeerd doen,

nie meer ander mense seermaak

en doodmaak nie.

16Job, was jy al by die fontein

waar die see se water uitkom?

Het jy al rondgeloop onder op

die diep plekke onder die groot see?

17Het jy die poorte van die doderyk gesien,

die poorte van die donker plek?

18Weet jy hoe groot die aarde is?

Sê vir My, as jy dit weet.

19Weet jy waar die lig

en die donker woon,

ken jy die pad daarnatoe?

20Kan jy die lig en die donker

neem waar hulle moet wees?

Kan jy hulle terugneem na hulle plek?

21Job, was jy daar toe Ek

die wêreld gemaak het,

is jy so oud?”

Die sneeu en die hael, die reën en die dou

22“Was jy by die plek waar Ek

die sneeu en die hael bêre,

het jy dit gesien?

23Ek bêre die sneeu en die hael

vir die tyd wanneer Ek wil oorlog maak.

24Job, weet jy van waar die lig begin skyn

en waar die oostewind oor die aarde

begin waai?

25Wie het vir die reën en die donderweer

'n pad gemaak

26sodat dit kan reën op 'n plek

waar daar nie mense is nie

en in die woestyn waar niemand

woon nie?

27Wanneer dit reën,

dan word die droogste plekke nat,

en gras begin daar groei.

28Wie maak die reën en die dou?

29Wie laat dit ys en ryp?

30Dan word die water so hard soos klip,

en dit ys op die groot see.”

Die sterre en die weer

31“Kan jy die Sewe-ster vasbind

of Orion se belt losmaak?

32Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom,

kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei?

33Weet jy wat is die reëls wat Ek

vir die sterre in die lug gegee het?

Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen?

34Kan jy met die wolke praat en sê

hulle moet dit laat reën op jou?

35Kan jy die weerlig na jou toe laat kom

en sal hy dan gaan waarnatoe jy hom stuur?”

Die ibis en die haan

36“Wie gee vir die ibis die verstand

om te waarsku wanneer die Nyl-rivier

se water oor die walle vloei?

Wie maak die haan so slim

dat hy kan sê wanneer die oggend kom?

37Wie is so slim dat hy die wolke kan tel,

die watersakke in die lug?

Wie kan die reën uit die wolke gooi

38wanneer die grond hard en droog is?”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help