Job 23 - Bybel vir almal

Job sê hy weet nie waar hy vir God kan kry nie

1Job het weer gepraat. Hy het gesê:

2“Ek is nog hardkoppig, ek wil aanhou kla,

ek sal nie ophou nie.

3As ek weet waar ek vir God kan kry,

dan sal ek na Hom toe gaan waar Hy is.

4Ek sal vir Hom vra om te luister

na wat ek sê,

ek sal aanhou praat.

5Ek sal luister na wat Hy vir my sê

wanneer Hy my antwoord.

6Hy sal nie met al sy krag téén my

wees nie,

ek is seker dat Hy sal luister na my.

7Ek is 'n eerlike mens,

ek sal met God praat en alles

vir Hom vertel.

God is my Regter

en Hy sal my vir altyd vrymaak.

8Maar Hy is nie daar waar ek Hom soek nie,

Hy is nie in die ooste of in die weste nie.

9As Hy in die noorde werk, dan kry ek Hom nie,

as Hy na die suide gaan, dan sien ek Hom nie.

10Maar Hy weet watter pad ék loop,

as Hy my toets, dan sal Hy sien dat ek

so skoon soos goud is.

11Ek het gelewe soos Hy wil hê,

ek het aangehou om te loop op sy pad,

ek het nie op 'n ander pad geloop nie.

12Ek het gehoorsaam gebly aan alles

wat Hy gesê het,

ek het altyd onthou dat Hy besluit

wat met my sal gebeur.”

Job sê God sal doen wat Hy oor Job besluit het

13“En Hy?

Hy alleen besluit,

en niemand kan Hom keer nie.

Hy doen wat Hy besluit.

14Ja, Hy sal doen wat Hy oor my besluit het,

en Hy het baie dinge besluit.

15Dit is hoekom ek so bang is vir Hom,

ek is bang wanneer ek aan Hom dink.

16God het my moedeloos gemaak,

die Almagtige het my bang laat word,

17want dit is nie die donker wat my laat stilbly nie,

dit is Gód wat die donker oor my gebring het

sodat ek nie weet wat om te doen nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help